HomeОбразованиеRelated VideosMore From: Stellenbosch University

Revealing Stellenbosch University’s Centenary Brand Identity 1918 – 2018

50 ratings | 1899 views
Bekendstelling van US Eeufeeshandelsmerkidentiteit 1918 – 2018(Afrikaans volg onder) Stellenbosch University (SU) is planning its 2018 Centenary, which will mark 100 years since the institution was formally born from Victoria College in terms of an act of parliament passed. In addition, four of our faculties – Science, Education, Arts and Social Sciences, and AgriSciences – will be turning 100 next year. Founded in a certain context at a particular time, this old university has come a long way since 1918. And like any large public institution anywhere in the world, ours has not been an uneventful journey. There have been great achievements and world-class discoveries – which we will certainly celebrate. And there have been mistakes – which we have acknowledged and learnt from, and will continue to do so on the journey ahead. On 25 August 2017, we reveal the Centenary brand identity to our internal stakeholders. This is not the launch of the Centenary programme. That will follow a little later in the year, once the Centenary website has been completed. For now, we are revealing the various Centenary brand identity marks, as well as the Centenary theme and expression. This is to allow enough lead time for the production of Centenary publications and memorabilia for distribution next year. In the animation, instead of producing something unfamiliar, you will see that we have merely adapted the University’s existing brand identity elements, namely the crest or coat of arms, the corporate “S” logo, the Maties logo and the alumni crest. Other elements include a design (or sub-graphic) for more informal application on clothing or promotional items, as well as the use of faculty colours as design background for the Centenary brand identity elements so that faculties can make the corporate emblems their own. The Centenary brand guide will be available soon, and workshops covering the technical aspects will be hosted for stakeholders such as designers and brand ambassadors. Those who need the Centenary identity brand marks to set production in motion for 2018 can contact the Centenary brand identity helpdesk on [email protected] or 021 808 3917. For further enquiries, you are welcome to contact Farieda Miller / 021 808 2547 or Marguerite Cloete /021 808 3992 in the Corporate Communication Division. Prof Wim de Villiers Rector and Vice-Chancellor US onthul sy Eeufeeshandelsmerkidentiteit 1918–2018 Die Universiteit Stellenbosch (US) beplan tans sy Eeufees 2018, wat 100 jaar sal herdenk sedert die US ingevolge ’n parlementswet formeel uit Victoria Kollege tot stand gekom het. Daarbenewens word vier van ons fakulteite – Natuurwetenskappe, Opvoedkunde, Lettere en Sosiale Wetenskappe, en AgriWetenskappe – ook volgende jaar 100 jaar oud. Hierdie ou Universiteit is in ’n sekere konteks op ’n bepaalde tyd gestig, en het sedert 1918 ver gevorder. En nes enige groot openbare instelling op enige plek ter wêreld, was ons reis allesbehalwe saai. Daar was uitmuntende prestasies en ook wêreldklasontdekkings – wat ons beslis sal vier. En dan was daar foute – wat ons erken het en uit geleer het, en op die pad vorentoe steeds sal. Op 25 Augustus 2017 onthul ons die Eeufeeshandelsmerkidentiteit aan ons interne belanghebbendes. Let wel, ons stel nie hiermee die Eeufeesprogram bekend nie – dít volg ’n bietjie later vanjaar, sodra die Eeufeeswebtuiste gereed is. Vir eers onthul ons die verskillende merke van die Eeufeesidentiteit, sowel as die Eeufeestema en -uitdrukking. Sodoende laat ons genoeg tyd toe vir die produksie van Eeufeespublikasies en -aandenkings vir verspreiding volgende jaar. In die animasie sal u opmerk dat, in plaas daarvan om met iets geheel en al onbekend vorendag te kom, ons gewoon die elemente van die Universiteit se bestaande handelsmerkidentiteit aangepas het, naamlik die skild of wapen, die korporatiewe “S”-logo, die Maties-logo en die alumniwapen. Ander elemente sluit in ’n ontwerp (of subgrafika) vir meer informele gebruik op klere of promosie-items, sowel as die gebruik van fakulteitskleure as ontwerpagtergrond vir die elemente van die Eeufeeshandelsmerkidentiteit, sodat fakulteite die korporatiewe embleme hulle eie kan maak. Die Eeufeeshandelsmerkgids sal binnekort beskikbaar wees. Belanghebbendes soos ontwerpers en handelsmerkambassadeurs sal ook na werksessies oor die tegniese aspekte genooi word. Diegene van u wat die Eeufeesidentiteitsmerke nodig het om produksie vir 2018 aan die gang te sit, kan die hulpkantoor kontak by [email protected] of 021 808 3917. Vir verdere navrae, tree gerus in verbinding met Farieda Miller /021 808 2547 of Marguerite Cloete /021 808 3992 in die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie. Prof Wim de Villiers Rektor en Visekanselier
Html code for embedding videos on your blog
Text Comments (0)

Would you like to comment?

Join YouTube for a free account, or sign in if you are already a member.